Piekniek en Musiek met

Theuns Jordaan

Na die geweldige sukses van die heel eerste Piekniek & Musiek (wat met Elvis Blue en Tarryn Lamb plaasgevind het en deur 2000 musiek aanhangers van alle ouderdomme bygewoon is), word dit met trots aangekondig dat die hoogs gewilde Theuns Jordaan by die volgende byeenkoms sal optree, wat op Sondag, 4 Februarie 2018 aangebied word.

Die pragtige grasperke van die asemrowende Zevenwacht Langoed sal weereens as die ideale lokaal vir Piekniek & Musiek met Theuns Jordaan gebruik word, en kaartjies is reeds te koop deur Webtickets (teen slegs R140 per persoon, R60 vir kinders 3 tot 12 jaar oud, en gratis vir jong musiek ondersteuners onder die ouderdom van 3).

Die Piekniek & Musiek konserte vir alle aanhangers van Afrikaanse musiek is ook die ideale manier vir families met kinders om ’n Sondagmiddag in die Noordelike voorstede te geniet, en vind gedurende die dag plaas en eindig voor sonsondergang.

Ian Bredenkamp, stigter van Piekniek & Musiek, sê: “Afrikaanse musiek is ongelooflik gewild en ek is verheug om hierdie konserte vir musiek aanhangers te kan reël. Huidiglik het ons nie soortgelyke opsies vir ’n Sondagmiddag in die Noordelike voorstede van die Kaap nie. So in plaas daarvan om na Stellenbosch of die Suidelike voorstede te gaan, kan families nou vars lug en fantastiese musiek naby hul tuiste geniet. Die optredes is opsetlik so gereël dat hul vroeg genoeg eindig vir families om teen skemer by die huis te wees en om sodoende die jongspan betyds reg te kry vir slaaptyd.”

Diegene wat die byeenkoms bywoon hoef slegs met ’n piekniek kombers (en dalk sonblokolie) op te daag, aangesien piekniek-pakkies vooraf bestel kan word. Alternatiewelik sal kostrokke en drank stalletjies ook vir ’n verskeidenheid van smake voorsiening maak, wat verder bydra tot ’n moeitevrye dag wat omring word deur ’n ongelooflike atmosfeer waar almal verenig word deur om die geweldige sukses van van die grootste name (en treffers!) in die Afrikaanse musiekbedryf te vier.

Piekniek & Musiek met Theuns Jordaan word met trots aangebied deur kykNET, Bok Radio en Ian Bredenkamp Media.

Vir meer inligting, deel in die gesprek op Facebook (PiekniekEnMusiek).